
KOSBARE TYD
KOSBARE TYD
Kosbare tyd
wag vir niemand nie…
ook nie vir jou en my nie
moet nooit met jou lewe mors nie
dit is belangrik vir jou en my
soos ‘n ou storieboek met goue ink
flits die prentjies van my verlede verby
tik-tak-tik die staanhorlosie se syfers verby
in die lewe van pyn en vrese
‘n verlede met miljoene mense
het ek ook drome en nuwe wense
kyk baie mooi deur jou oë se lense
moet nooit toelaat dat iemand jou onderkry
die tydbom staan nooit-ooit doodstil nie
eendag sal ek weer my vreugde kry
ek sal weer anderkant uitkom
goud en silwer wag vir my
© Eleen van Deventer Vorster
01/12/2019 -15:40
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.