
DIT IS VERBY
DIT IS VERBY
In ‘n oogwink is alles reeds verby
Jy het ‘n stuk uit my lewe gesny
Jy het my hart in stukke gesny
nou het jy jou vryheid gekry
wat word nou van my
hoe kan ek daarteen stry
het klaar ‘n ander meisie gekry
ek is uitgemergel en klaar gedaan
dit voel kompleet of my lewe vergaan
hoe kon jy dit aan my doen
het jy niks vir my gevoel
die lewe het sy eie tyd
ek sal vorentoe kyk
ek sal veg vir die beste plek
ek sal my wonde stadig lek
God ken my bitter pyn
Hier diep binne-in my
dit is nou veby
© Eleen van Deventer Vorster
01/12/2019 – 15:30
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.