Jongste aktiwiteit:

Krismis op die pad

Krismis op die pad

Dis vroegoggend en ek is op die pad
net nog ʼn kar op die drie baan teerpad
straatligte verlig die donker nag
rooi in die ooste beloof nog ʼn dag.

Karre skiet soos sterre snel by my verby
motors meteor manies links en regs om my
rooi kersliggies string helder voor my uit
as remligte flikker-flikker weerkaats in my ruit.

As die son sy kop op die oosterkim wys
en moeisaam vanuit die rooi horison verys
is ʼn nuwe dag myne om te vat
en ek het Krismis op die pad.

© Stephan Uys 2018/07/07




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed