Jongste aktiwiteit:

KRIT Plasings: NEEM KENNIS ASSEBLIEF

Beste INKers

Ons wil die Opleiding/Krit afdeling van die webwerf baie meer interaktief maak. Om dit te doen is dit nodig dat daar oopstroom kommunikasie tussen uself en die Moderator sal wees. Kom ons kyk na ‘n paar praktiese elemente om hierdie proses dan stroomlyn te maak:

1. Indien u ‘n plasing koppel aan die Krit afdeling is dit werklik belangrik dat u sal reageer op die Moderator se kommentaar. Dit gesê, alles is nét voorstelle en is u onder GEEN verpligting om die werk te verander of aan te pas nie. Indien u nié aan die vers wil krap en torring nie, plaas dit eerder sonder die krit skakel. Dit is ook belangrik dat as u as skrywer van die voorstelle aanvaar dat u die werk sal wysig soos daar besluit is. Hou altyd in gedagte dat met die saamstel van die volgende bundel beoordeel ons die plasings en het nie die gerief van die kommentaarboksies nie. Dit is dus BAIE belangrik dat die ‘produk’ soos u dit aanbied gewysig is.

2. Elke lid mag SLEGS EEN werk per week aan die Kritskakel koppel. Indien u dit verontagsaam sal ek slegs die eerste een in ‘n spesifieke week krit.

3. Kommunikasie rakende verdere voorstelle oor u werk MOET asseblief na my inboks gestuur word. Daar is eenvoudig net nie genoeg ure in die dag om terug te gaan na elke plasing om te sien of u gereageer het al dan nie. Dit sal ook verseker dat ek u deelname kan monitor op ‘n praktiese en maklike manier,

4. Ek help graag totdat u tevrede is, maar hou in gedagte dat ek baie verpligtinge buite die ruimte as Inkmoderator het en dat ek nie noodwendig dadelik op u boodskap kan reageer nie. Gee my gerus 48 uur kans. Ek verseker u egter dat ek u sal antwoord.

Baie dankie vir die lieflike skryfatmosfeer op INK. Elke aktiewe lid moet daarvoor bedank en gekomplimenteer word.
Ek kuier lekker saam.

Skryfgroete
IM




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed