Ma se lewensles
‘n Ware verhaal…
Ma se lewensles…
“Kyk, ek huil elke keer as ek die woorde sê… Dit was nie net ek wat opgestaan het nie…”
“Ek het my lewe voor my gehad. Ek was dolgelukkig getroud en ‘n het geweet dat ek die band nooit sou breek. Sien, dit was meer as 50 jaar terug maar soos gister onthou ek hoe die lugambulans met my Kaapstad toe gevlieg het. Ek kon op daardie stadium nie my bene voel nie, my rug was op drie plekke gebreek, my bekken vergruis en ek het inwendig gebloei. Hulle het vir my gesê ek sou nooit weer loop. Sien, ek het hulle nie geglo. Dit was mense wat dit gesê het.
Na vele maande in traksie stoot hulle my na die saal waar die hele personeel staan en wag, want sien, ek het gesê en geglo ek sal weer loop.
Ek sluit my oë en weet…dis nou…
Toe ek opstaan tel Hy my op en laat my staan, Hy laat my loop! Almal huil. Ek loop!
Dis waarom ek altyd sal bly hoop.”
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei Moedersdag/Vonkfiksie projek