Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kronkelpaaie …

Deur Magrietha Marx
Datum gepubliseer: 14 Desember 2021 Aantal woorde: 94 147 Kere gelees 4

Ek wens jy kan vir altyd klein bly
sodat wanneer jy seerkry
ek jou styf in my arms kan vashou
en verseker dat ek altyd daar sal wees vir jou.

Belowe my dat jy altyd sal probeer
maak nie saak hoe moeilik of seer
onthou die lewe gaan altyd vol kronkelpaaie wees
so moenie die pad vrees.

Weet net ons sal altyd daar wees vir jou
en solank jy aan God se genade en liefde vashou
sal jy altyd veilig wees
daarom hoef jy nie die lewe se kronkelpaaie te vrees…

MC Marx (C)




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 34
Kommentaar telling: 8

Partykeer kan ek nie sê hoe ek voel nie, dan skryf ek. Van my werk is in verskeie bloemlesings gepubliseer: "Vlug na Vryheid" in Deep Reflections, "U liefde vir my" in The Gift of Time en "Die storms wat binne my woed" en "Daar is altyd hoop" in Inkspraak 1. Ek is gebore in Kokstad in die middel van winter. Dit het die oggend gesneeu toe ek gebore is. My ouers het later verhuis en ons woon tans in Pietermaritzburg, ek is getroud met die wonderlikste man en ons het 'n pragtige seuntjie. God het vir my die talent gegee om te kan skryf en ek is dankbaar dat Hy my en my gesin elke dag beskerm en veilig bewaar.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 761 gaste aanlyn

Bydraes – Argief