Jongste aktiwiteit:

Kronkeltjie pad, verdwyn!!

Kronkeltjie kronkeltjie, kronkeltjie pad,
vir jou is ek nou net mooi siek en sat.
Dit is tyd dat jy uit my lewe verdwyn,
ek wil nie alewig op ‘n hopie sit en wegkwyn,
so vat jou lastem vat jou goed en voerstek!!

Daar is nie plek in my lewe vir leed,
ek wil net van al die seer vergeet,
al die seer van die hede en die verlede,
veë ek nou by die deur uit,
daar is nie meer plek vir die nie,
en kronkelpad as jy wil weer wil instap,
kan jy maar daarvan vergeet, jy kan op die ys gaan skyt!

Kronkeltjie kronkeltjie, kronkeltjie pad,
voor jy weer in my lewe wil kom draai,
moet jy eers mooi dink,
want vir jou is hier nie meer plek,
draai maar sommer halfpad om,
vat jou goed weer, en waai!!

©kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed