Herfse Lente
Herfse Lente
Dis September,
lentemaand,
verjaardagmaand
vir drie in die huisgesin wat
dit reeds aan die anderkant vier—
Paar vriende se stemme is ook stil,
wag nie meer vir my oproep hier nie
en ek voel hoe ‘n herfse lente toesak,
‘n verlange na almal wat koulik insluip
want hul warm plekkies in my hart het
verkil, hul nabye fisiese hitte is weg—
Dis September,
hul verjaardagmaand ,
maar hul stemme het verstil
in ‘n herfse lentemaand—
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.