Krywers
Skrywers is mistieke wesens wat grasieus dryf van die wêreld van werklikheid na dimensies onbekend aan die gewone man op straat.
Is ons normaal? Nee ʼn duisend maal nee!
Ons lewe en herlewe dinge en gebeurtenisse nie net van hierdie wêreld nie, ons ontmoet wesens ver buite die denke veld van die nie-skrywer.
Ons lewe in ʼn atmosfeer waar sleg en goed net ʼn inkvlek van mekaar verwyder is.
Die diepte van ons wêreld is onbeskryflik… ons kan tot diep in die hart van moeder-spinnekop sien of so ver en wyd as wat moontlik is deur die oë van ʼn arend. Ons kan neerbuig by ʼn kristalhelder waterstroom en saam met die koning van die woud die koel lafenis indrink. Ons kan deur die vroeë more mis en deur druipnat grassies, kaalvoet draf saam met heuglike en vreugdevolle wesens. Uitbundig kan ons langs koel waterstrome en deur welige groen valleie huppel en trippel saam met wesens ver buite die denke veld van Jan-alle-man.
Ja en ons kan die pyn voel van die voëltjie wat uit die nes geval het of die treurwilger se trane sien terwyl hy stadig in die droë tye sterwe. Die hart van ʼn moeder wat haar kind verloor het of die pa wat sy ouderdom bereik het en binne ʼn dag van leier na alleen hart die veld geboë hoof deurkruis.
Ons kan ure tussen sterre en maan baljaar, wip van een planeet na die ander, dans op vuurtonge van die son of op die ysige Pluto sneeumanne bou.
Dit my liewe vriend is net die baba treë van ʼn skrywer waar selfs die sewentig biljoen sterre stelsels ʼn hanetree ver is.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.