Jongste aktiwiteit:

Kyk na die berge en wag

Kyk na die berge en wag

‘n Glorie ongekend ontwaak in die ooste, wit, geel, oranje en rooi verkleur grys, grou wolke,
laasnag se reënreuk bly hang, nuut en vars in die vroeë môre.
Teen die kranse bulder bobbejane, ‘n suising van natuurgeluide weerklink, grasieus sweef voëls in stilte op die koel luggie…

So asemrowend mooi
So volmaak

Soos Dawid van ouds wil ek uitskree teen die kranse:

“My God my God waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep? U het my die eerste lewenslig laat sien my veilig laat rus aan die bors van my moeder. Van die begin af is ek onder U sorg, van die begin van my lewe af is U my God.”

Tog voel ek soos ‘n wurm opgekrul in ‘n liggaam wat ek nie begeer nie.
Ek wil uitbreek uit die kokon van my besluite.
Ek wil vry wees om te kan sweef oor die kartelende berge en my geliefdes gaan opsoek.

My trane stort oor die krans se rand en verdrink my denke.

My versugting kom uit die mond van u geliefde Dawid:

“Tot U, Here, rig ek my, my God op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie. Maak my U wil bekend, Here, leer my u paaie. ”

Ek wil my mense naby my hê, hul toevou in my liefdevolle arms,
nie sug van pyn en worstel om die nuwe dag aan te pak.

Soos U die horison elke dag nuut inkleur druk U kwas in die reënboog en verf my toekoms tot anderkant die gesigseinder,
maak die venster oop dat ek kan sien waarnatoe U my lei,
gee my vlerke om U almag te verken.

Maar die grys kombers trek toe, weg is die glans, die stilte bly skree, die bobbejane bulder in die verte, en ek, ek kyk op na die berge: en wonder “waarvandaan sal daar vir my hulp kom?

Sy versekering kom soos vir die uitgekose Dawid:

“My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het, Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie, Hy sal jou beskerm waar jy ookal gaan, nou en vir altyd!”

Ek sal wag dat die son se strale my weer warm maak, dat die lewende water my dors les, dat die suising in my ore verander in ‘n fluistering in die wind, sodat as die bulder kom ek weet dis Hy wat spreek.

Geskryf en foto geneem deur C Diederiks ©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MVvW het n geregistreerde lid geword

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak