
Hartklop
My hart slaan
klok slag doef-doef
ritmies elke keer
tot my gedagtes
verdwaal na jou
of my oë jou aanskou
en my ore
die klanke van jou lippe hoor
wat my hart se klop
onwillekeurig verander
na ‘n bomalakiesie draai
want jy my Lief
is steeds my hartedief
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2021 – Metaforiese projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Pragtige vers