Lentereën
Waar die hemel eindig en die aarde begin,
waar jy nie is nie maar waar ek jou kan sien
en die sterre die weg aanwys vertoon jy jou,
om trots die begin van ewigheid aan te dui.
Met ‘n tranedal bring jy hoop vir die toekoms,
met ‘n gebrul en gedonder prys jy die Heer
en terwyl Engele dans ontkiem nuwe lewe
met die belofte en genade van die verbond.
Jy anker jou soos voetspore in more se dou
om in ‘n wonderwerk van onaangetaste kleur,
herinneringe van gister weer wakker te maak
voor dit verewig in die son soos mis verdwyn.
Met lente bring jou asem lewe vir moeë siele
wat vertrap word in ‘n aanhoudende gejaag
na die skatte wat gevind word waar jy eindig,
daar waar die aarde eindig en hemel begin.
03/09/2015 © C. du Plessis
4 Kommentare
-
neels
Casper staande applous vir hierdie pragwerk
-
Palet
Mooi
-
Ronel Janse van Vuuren
Mooi gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Lente projek