Jongste aktiwiteit:

lied van die verlorene

die lied wat ek sing
is ‘n lied van die verlorene
eensame stryd om in die Lig te bly
die Lig skyn oor elke plek in die skepping
soms sukkel dit om deur die mis te kom
selfs dan is die Lig daar en verhit jou
word stadig warmer en energiek
my duin is ook so ‘n plek
waar mis gereeld
Lig wil doof
maar genade
en liefde heers
waar gedagtes soos
heuning versmelt
in sonstrale
wat lewe
bring

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed