liefde het ‘n gewete
liefde het ‘n gewete
soms voel ek vry,
soos in ‘n dans,
sonder ritme of orde…
wild in myself getrof,
diep geraak
asof ek luister na ‘n preek
oor die vader, die seun
en die heilige gees…
ervaar my siel
die vlam van die brandende bos,
kaalvoet op goddelike grond,
hakkelend deur die slag in my bors…
die klop van my hart
so diep binne jou
©Anton Kilian
4 Kommentare
-
Anze
Soos gewoonlik ... n treffer uit jou pen!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Heng dis pragtig!