Liewe land
Ek betrag die kleure en klank
oordink vervloë dae se oorvloed en dank.
Ek aanskou berge en dale wat met eggo
antwoord gee op my bewondering
terwyl die uitspansel oor my pronk
in amber, kobalt en monochroom
wat uit gister vermeng tot ‘n reënboog
wat vol hoop die hemelruim seën.
Liewe land ek is bly
dat jongens nog na nooiens kan vry
en hul loop kan kry,
as dit te naby is om te ry.
Ons is verseker van die opsitkers
wat standvastig pryk,
omdat Eskom se beloftes van lig
almal na kerse en lampe laat gryp.
2 Kommentare
-
Anze
Seker die mooiste gedig wat ek nog van jou gelees het!! Dis n woordskildery!!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Baie goed gedoen! Ek sien beelde van jou woorde in my kop.