Liefdesgodin van die see (Opdrag 6)
Romeinse godin van die liefde
verwek uit die skuim van die see
geskulp as geskenk aan die wêreld
om voorspoed en sege te gee
sag was die kyk in haar oë
bekoorlik die trek om haar mond
skoon van gelaat en soepel van vlees
beeldskoon was sy, grasieus
haar liefde eroties, begeerlik
met hare wat waai in die wind
sy’t die vrug van haar gees
aan die mensdom gegee
– liefde wat alles oorheers
in ritmiese vloeiende lyn van die kwas
wat sing en wat dans oor die doek
het die skilder van vele Madonnas
aan haar gestalte gegee
verewig in grasie van skadu en lig
– die liefdesgodin van die see
©Estelle Rubow
14/08/2018
5 Kommentare
-
Callie Vermeulen
Pragtig verwoord Estelle!
-
Viooltjie
Baie goed, Estelle 😃
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie