Jongste aktiwiteit:

makaberemirakel (SILWER)

makaberemirakel

die piesangboom se spaanblare
wuif sag op wieke van die wind wyl
vet reëndruppels plof plof in die sand
hang geel blomme soos vinke nog vry

vroegaand van 6 April 1994 skeur stilte
met die slag van skietende stukke metaal
as ʼn missiel die Rwandese president:
Juvénal Habyarimana se vliegtuig raakskiet

weerwraak volg met verskriklike volksmoorde
die algehele uitwissing van Tutsi’s aangehits
oor nasionale radiostasie – Mille Collines:
“maak al die kokkerotte vrek voor die voet”

makaberemirakel met een miljoen moorde
… dood, vermink, vermoor in net honderd dae
grootste massamoord in menseheugenis
gepleeg met machetes se moordende kap

©Marlene Erasmus
30/01/2022




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed