
dubbeldekker-doodsbus (SILWER)
dubbeldekker-doodsbus
Karen, mooi matriekdogter van Hoërskool Vorentoe
staan sorgvry laggend en skerts onder bome – groen
wyl haar vriendin, Elsa goedig tergerig die draak steek
“Wat as ons vandag doodgaan”? Pieter se vraag – swart
Pieter self oorbluf oor die gedagte wat hom skielik tref
as skoolklok skel lui en nuwe skooldag begin in volkleur
na skool wag twee dubbeldekkerbusse geduldig in geel:
Karen en tweelingsus in voorste bus, Elsa in tweede bus
Karen lees: “Wees gerus, neem die bus” in swart op wit
verander dit na: “Wees NIE gerus, neem NIE die bus”
met die omdraai sien sy agterste bus swenk en swaai
gaan gillende na voor: “Stop! Stop die bus is in die dam!”
in water is Pieter eerste op busdak – duik, swem en red vyf
met sesde duikslag verdwyn hy onder die water: blouswart
“geen groter liefde … as om jou lewe te gee vir ander”
Pieter Koen sterf as held in die Westdene treurspel
©Marlene Erasmus
30/01/2022
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2022 – Drama projek