Lied vir Liza Silwer
Aan Matroosberg se hang groei ‘n blom van vuur
tussen rotse en dorings en mos
vele Clovelly-vryers is daarheen gestuur
om ‘n blom uit die rots te verlos
die paadjie na bo was onmenslik
die ruiters het een-een gefaal
die vryers misluk in haar opdrag
om die blom uit sy skuilplek te haal
sing jou lied vir jou minnaar Liza
sing jou lied in die middernaguur –
in die donkernag het jou ydel en trots
jou liefde oor die afgrond gestuur
aan Matroosberg se hang groei ‘n blom van vuur
in die rotse tussen die dorings en mos
met haar wit gewaad in die middernaguur
dwaal haar gees in die haak-en-steek-bos
sy hande reik na die Disa
sy voete gly in die mos
hy hoor haar hartsverlange in haar treursang
die blom het sy lewe gekos
sing jou lied vir jou minnaar Liza
sing jou lied in die middernaguur –
in die donkernag het jou ydel en trots
hom na sy dood gestuur
*treursang = swanesang = finale optrede
3 Kommentare
-

Seirdna
Pragtige gedig Amanda
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2022 – Drama projek