Martelingskamers (Ook bekend as publieke toilette)
Is dit net ek, of is publieke toilette nie net die vreeslikste ding op die planeet aarde nie? As jy nou wil hê ek moet in ‘n koue sweet uitslaan en hartkloppings kry, dan sê jy ek moet ‘n publieke toilet gebruik…
Net nou-die dag is ek weer herinner hoekom ek die goed so haat.
Ek moes noodgedwonge gebruik maak van ‘n publieke badkamer. En toe is dit nou nog van daai wat die afskortings tussen die hokkies net so kniehoogte is. (Wie ook al gedink het ‘n kniehoogte afskorting tussen mense in hulle mees private oomblikke is OK, is sekerlik nie lekker in sy kop nie.)
So sit ek nou maar – doodrustig en baie onskuldig – en Facebook op my foon, soos mens nou maar doen, toe daar ‘n ding onverwags hier aan my kuit vat. Nou het jy al ooit ‘n badkamer stalletjie se muur probeer uitklim met jou broek om jou enkels? Dit is nogal ‘n uitdaging. Toe ek uiteindelik ophou gil soos ‘n tiener meisietjie in ‘n horror movie, sien ek die gesiggie raak wat met groot oë vir my onderdeur die afskorting loer. Die klein snotkop seuntjie in die hokkie langsaan het my Pug tattoo op my kuit gewaar, en sy Ma het hom nooit geleer jy kyk met jou oë, nie met jou hande nie. Hy voel toe dis OK om sommer so onverwags met sy koue, klam hand aan iemand se been te vat sonder waarskuwing. Dit kon mos op ‘n lelike kakspul uitgeloop het. Help mos ook nou glad nie vir my reeds bestaande vrees vir kinders nie…
Maar kan ons net vir ‘n oomblik oor hierdie ongure besigheid praat – publieke badkamers. (Die Ingelse praat mos van “restrooms”. Wie de moer RUS daar binne?)
Die eerste uitdaging is gewoonlik om ‘n skoon situasie se kry… Ek weet nie wat doen die mense daar binne nie, want partykeer stap jy daar in, dan is dit net chaoties – dit lyk asof die vorige ou probeer akrobatiese toertjies verrig het terwyl hy sy besigheid gedoen het. WTF? Sit stil daar binne ouens! En kan iemand vir my verduidelik hoekom daar altyd graffiti agter op ‘n publieke toilet deur is? Wie gaan met ‘n pen toilet toe? Ek meen ek sukkel om ‘n pen op te spoor in my kantoor, nevermind ‘n toilet… Vat julle penne saam net ingeval julle oorval word deur poëtiese inspirasie? Wat is fout met julle man?
Dan is die volgende issue natuurlik die toiletpapier. Ek is gewoond aan 2-ply. Ek kan nog deal met 1-ply. Nie die goed wat hulle vir ons gee in publieke badkamers nie. Dit kan nie eers geklassifiseer word as half-ply nie. Jy kan sommer regdeur die goed sien as jy dit teen die lig hou. Daar is 1000-jaar-oue papirus wat nie eers so broos is nie! En as die rolletjie nog ‘n vol rol is, het jy ‘n probleem… Probeer jy bietjie afrol, dan kom daar net een velletjie af. Probeer weer – hierdie keer baie stadig en versigtig. Weer net ‘n enkele velletjie. So sit jy naderhand met ‘n handvol enkel velletjies wat eintlik nou maar niks anders as ‘n handvol konfetti is nie. Dit sal dalk werk as daar ‘n bruidspaar gaan verbyloop, maar werk glad nie vir die taak waarvoor jy dit nodig het nie. Voertsek. Cheapskates.
Ander plekke is dit mos nou weer super modern. Gewoonlik daai fancy-pants restaurante. Dit is gewoonlik heel skaflike publieke geriewe, maar dalk TE fancy… Apparently is ‘n automatic toilet fancy – die goed spoel mos vanself as jy klaar is. Behalwe die goed werk nooit reg nie. Sit jy rustig, sal die ding sommer hier in die middel van jou performance spoel. Voetsêk man. Ek sal self besluit wanneer ek klaar is. En as jy eventually klaar is, dan wil die ding nie outomaties spoel nie. Staan en staar jy vir ‘n paar minute vir die ding, tot jy agterkom hy gaan nie spoel nie, dan probeer jy weer gaan sit. En staan. Niks gebeur nie. Sit. Staan. Sit. Staan. Tot daar uiteindelik iets gebeur. Maar teen die tyd is jy so uitasem ge-sit-staan dat as jy terug by die tafel kom, die res van die mense jou met sulke groot, vraende oë aankyk… Dieselfde met die simpel outomatiese krane. Eers sien hy nie jou hande raak nie. Lyk of jy die Macarena voor die spieël staan en dans soos wat jy probeer dat hy sien jy soek water. Beweeg jy maar aan na die volgende een toe. Jy weet ook nooit hoeveel water jy gaan kry nie. Nee, die kraan besluit mos hoeveel water jy mag kry. Partykeer hopeloos te min – jy moet twee, drie keer Macarena voor al die seep afgespoel is… Ander weer gee genoeg water om die hele Ethiopië mee te besproei… Stupid goed.
Terug in die toilet cubicle: Ek weet nooit hoe om te reageer as daar iemand klop nie. Jy het die knop gedraai om die deur te sluit. Daar moet mos nou “Occupied” staan. Maar nee. Party mense glo nie die “Occupied” sign nie. Hulle klop. Dalk is daar tog nie iemand daar binne nie? En as jy nie vinnig genoeg reageer nie, begin hulle mos aan die deur ruk… Dan begin jy mos panic en knyp en jou hele performance is daarmee heen. Hoe gemaak? Ek dink, volgende keer as iemand klop, gaan ek sê “Kom binne!” net om te sien wat gebeur…
2 Kommentare
-
Ronnie
Ai Riaan dis nou raak beskryf ... ek het heerlik gelag, net die regte medisyne na 'n omgekrapte dag....
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ronél Dunn
Riaan, ons deel dieselfde sentiment. Dis iets wat ek soos 'n lykshuis vermy. Sekerlik is daar nie 'n veel viesliker openbare area nie.