
met die begin
kletterende stelasies van arbeid
adel in die klotsende dans
van vissers wat jubelend
vleg en vang in die eb van bestaan
diep geanker in onverdiende guns
stralend vanuit Sy troon
hoogwater tot laagwater
werk want die nag kom nader
skilder en beitel op ‘n nuwe doek
speel tog voor Sy troon
baai in die strale van Sy heerlikheid;
aanskou die vryval van die swael
lieflik is die Sabbatsrus
in die sweet van my aangesig
vyf brode, twee vissies – onbeskryflik groot
nog ‘n dop breek … en dit was baie goed
© Francois Meyer Maart 2022
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.