Jongste aktiwiteit:

Misreën-genade #brons

Misreën-genade

Ek vra nou maar net, meneer, die meester van wat reg en verkeerd is. Hoeveel water moet onder die brug vloei voor die sertifikaat van vergewe en vergeet toegeken sal word? As die sluise van die hemel oopgaan sal dit dan nie alle haat en nyd weg was?
Maar nee, die mens klou soos ‘n skulp teen ‘n rots aan die pyn en seer van die verlede. Branders van hoop breek en slaan om bevryding te bring, maar al wat los is dié een wat homself verlustig in sy eie slymerige smart.

Die antwoord kom soos sagte misreën om lewe voort te bring. “Stort jou pyn in my akker, want my bloedgewaste grond bring ‘n ewige reinheid. Los die klip, laat die stroom van lewende water jou wegvoer in ‘n soete rus.”

C Diederiks ©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed