MY FILMRESENSIES uit die buiteland
My FILMRESENSIES uit die buiteland
Met HERNUWINGS en TOEVOEGINGS
⊛
Mense het al gesê, „Ja, alles goed en wel. Maar óns kry nooit sulke films te sien nie!”
⊛
Hier is ‘n paar wenke. Ek weet nie of dit alles gaan werk nie; wie weet miskien kan iemand tog een van die films sien.
⊛ In grotere stede is daar in die Cineplexx of Cinemaxx of hoe-ook-al-dit-genoem-word so-en-soveel sale — tot oor twintig het ek al gesien. In twee of drie daarvan word „gehaltvolle” films, ook „buitelandse”☆) films vertoon, dikwels met engelse ondertitels. Ek het dit in Kaapstad gesien en ek meen êrens in Johannesburg-Noord het ek reklame daarvoor gesien. Die prys vir ‘n kaartjie bly min of meer dieselfde, meen ek.
☆)Dws: nie uit GB of USA nie.
⊛ In sommige teaters word films vertoon wanneer daar geen teaterstuk speel nie; ek dink byvoorbeeld aan die Labia in Kaapstad. Daar is seker ander teaters wat in die leegstaantyd geld wil verdien. By die Labia was die Nederlandse Bank as borg betrokke, meen ek – miskien lê ‘n program in hul toonbanksaal uit?
⊛ In die ambassades en konsulate word ook geleentlik die nuutste produksies uit hul land vertoon, dikwels met engelse ondertitels. Hoe mens daar inkom weet ek nie. Vir „Like father, like son” sou ek na ‘n japaanse diplomatiese verteenwoordiging gaan en vra hoe hulle dit handhaaf.
⊛ Ook in die grootstede is daar kultuurverenigings en klubs waar mense heenkom om in die buiteland met hul landsmanne en -vroue bymekaar te kom. Vir „Ich und Kaminski” kan mens by die Goethe Institut of die Deutsche Klub in die betrokke stad navra. Vir „Le Goût des merveilles” (met die Peertert) soek die Alliance Francaise en vra of hulle dit in hul program het. En so ook met alle nasies: Belgies, Italiaans, Sweeds, Noorweegs, Nederlands, Switsers . . . Vra by die konsulaat waar hulle kultuurvereniging is; hulle byt mos nie!
⊛ Alles hierbo is natuurlik makliker vir stedelinge, maar vir plattelanders soms byna onmoontlik — buiten jy het oornagtingsmoontlikheid by Tante Esmerelda of so iemand in die stad.
⊛ Dan is natuurlik die (vage?) moontlikheid om die DVD te koop. My ervaring hier in Duitsland is dat die amerikaanse ,blockbusters’ goedkoop – ja onderprys – verkoop word; en die europese films moet maar kyk hoe hulle nakom, wat die verkope betref. Ook HDs. Dis einapryse maar ons kan die film herhaaldelik oor die jare weersien – en uitleen.
⊛ Vra by die konsulaat ook of dit moontlik is om die DVD uit te leen – teen ‘n fooi miskien.
⊛ Nie die videoteke vergeet nie, besonders in die wyke met ‘n hoë immigrante-aandeel. Miskien loop jy soiets of ‘n ander interessante film raak. (Hulle verkoop ook ou DVDs na so-en-soveel keer uitgeleen. (So het ek aan my voorraad van Afrikaanse films gekom: die „nuwe” Liefling, Hanna Hoekom, ‘n paar oues met Al debbo, Jamie Uys . . . )
⊛
©.2016…………◄]:o(…|⊛⊛⊛⊛|…(o;Þ……………..tje
ËëëëÏïïïï„„„„„„„„„„
3 Kommentare
-

neels
Soos altyd leersaam
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
dankie vir die inligting Toom