my pen
my pen
as gedagtes deur die punt van elke boomtop reik
en gevoelens die hoogste spits van elke blaar aanraak,
soos leesstekens die slot van elke sin voltooi
en ek, halfgeletterd, my eie spasies nie kan bepaal
sonder toegewing, myself soos ‘n netelige lyn sny,
die voel in my vingers hul dooie punt bereik…
vind ek jou waar jy my soos ‘n pen vul
jy soos ‘n wagter die skag van my stekel verskerp
en ek voort borduur aan elke stekelap,
elke behangsels van die lewe rondom my
@Anton Kilian
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.