‘n Godsgenade kompas
‘n Godsgenade kompas
vir Tannie Sonja
drie wyse manne
vind ‘n ster
ek ‘n suiderkruis
van harte
noord, oos, suid of wes
‘n vierrigting-keuse
waar Gods’ ganade
oral kompas is
na ‘n koninklike toekoms
die gordyn waaragter
God se kind wegkruip
skeur middeldeur
en die son breek
in stukkies goud
waar Gods’ fees
meer word
as enige ding van die vlees
enige teenwoordig’ gees
belei dan jou Gods’ afhanklikheid
en Sy heerlikheid
sal joune word…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.