‘n konkavuur vir eendag Silwer
ek blik vir jou ‘n konkavuur
om jou hart snags knus te hou,
die plekkie waar my beeld eens was
in gisters toe te vou
want gister was ‘n kabbelstroom
waarin die somerson kon baai
en liefde sonder ophou
aan die maan kon skoppelmaai
ek sou so graag jou hand wou neem
net een keer weer wou voel,
hoe die warmte van jou omgee
oor my koue vingers spoel
nou blik ek maar die konkavuur
wat in my hart se kamers woed,
ek weet dit sal jou warm hou-
totdat ons eendag weer ontmoet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2021 – Positiwiteit projek