Jongste aktiwiteit:

na waters van geluk (BRONS)

na waters van geluk

pappa maak vir jul
ʼn poel van geluk
kom laat jul speel
was die vrees af

soos ʼn spierwitduif
het vrede met vlerke
neergedaal in stilte
toe die skote stop

deur kinderogies
kyk jul na my
en vra na mamma
nou vir altyd weg

pappa sal na jul
omsien en jul
dra na ʼn beter
toekoms

©Marlene Erasmus
15/03/2021




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed