Nasionale sport
Die middel van ‘n rugbyveld
is die beste in die nag
met pawiljoene leeg
en niemand beweeg
daar’s geen skare of skade,
geen krag teen krag
dis stil sonder fluit
en niemand trap uit
daar’s geen spotlight
of fight
geen doellose try
net ‘n aandlug wat
saggies en soel
deur jou hare waai
en jou score
die stikdonker
met die sterre ‘n sight
© Charleine Collins 27 Januarie 2019
Foto: Gerrie Germeshuizen © Januarie 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.