Where is love
Mens raak jarig en “soos ou wyn” –
ja tog, as dit aan jou nekvel
soos nog swaartekrag kom
hang, dan weet jy die versagting
van jou plooie en die wysheid
van jou grysheid word nou
eufimisties voorgehou en jy sal
nooit weer die jare en bietjie
skoonheid van ‘n jonkwees kan
herbou. Jou tyd vir hoogliedbruid
het oor die dale uitgeloop, maar
steeds staan jy op die hoogtes
en wag op daardie een wat
deur jou oë se mure tot in jou siel
sal sien met liefde en met smagting
that is only meant for you.
Where is he? Does he
fall from skies above?
Tot my sterfdag sal ek nooit
weet hoe innig dit kan voel
hoe veilig, hoe geborge,
hoe intiem en vol verwagting
en bly wonder where is love?
© Charleine Collins 27 Januarie 2019
(Oorspronklik 3 Maart 2015)
Foto: Gerrie Germeshuizen © Januarie 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.