Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: NAWEEK, Wandelaar se weg

Deur Toom
Datum gepubliseer: 16 April 2016 Aantal woorde: 62 1060 Kere gelees 14

Wandelaar, jou spore is die weg,

niks anders nie.

Wandelaar, daar is geen weg nie.

Die weg ontstaan as jy hom loop.

As jy hom loop, ontstaan die weg.

En kyk jy terug, sien jy die pad

wat jy nooit weer kan betreë nie.

Wandelaar, daar is ja geen weg nie.

Slegs ‘n kielspoor in die oseaan.

[Antonio Machado (1875 – 1939)]

2016……………………………………………..ooOoo………………………………………………..tje




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    16 April 2016

    dis baie waar.. die tyd wat verby is kan nooit terug gekry word nie. Pragtig gepen Toom

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 210
Kommentaar telling: 209

Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 129 gaste aanlyn

Bydraes – Argief