
Net die Vader weet
In die laaste uur
kan woorde nie meer
gevorm word nie
woorde voel dan so leeg
hoe kan jy die betekenis
van dit wat hier binne jou
lewe net uiter
woorde verstaan nie
die betekenis van ñ hart
wat klop nie
woorde verstaan nie
dat ñ lewe hier voor jou
besig is om dood te gaan nie
woorde verstaan nie
net die hart weet
net die gees verstaan
dat hiervandaan
jy sal heengaan
waar ons Vader
alles woordeloos
aan jou sal openbaar.
© 2018 C. Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.