Jongste aktiwiteit:

Nostalgie

Daar is spore in my hart getrap
deur treine van vervloë jare
in my geheue ‘n web geweef
soos ragfyn spinnekopdrade

Ek hoor die klik-klak op die spoor
soos die polsslag in my oor
die skugter aanraking van hande
kammaliefde en maanlignagte

Die treinfluit in die nag
sinjaal wat die eindbestemming bepaal
vir elk van ons ‘n groet
tot ons dalk eendag weer ontmoet

Maar vriendskappe op treine
het saam met my jeug vervaag
my herinneringe slegs geraamtes
leë spore op verlate stasies




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed