Nostalgie
Daar is spore in my hart getrap
deur treine van vervloë jare
in my geheue ‘n web geweef
soos ragfyn spinnekopdrade
Ek hoor die klik-klak op die spoor
soos die polsslag in my oor
die skugter aanraking van hande
kammaliefde en maanlignagte
Die treinfluit in die nag
sinjaal wat die eindbestemming bepaal
vir elk van ons ‘n groet
tot ons dalk eendag weer ontmoet
Maar vriendskappe op treine
het saam met my jeug vervaag
my herinneringe slegs geraamtes
leë spore op verlate stasies
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.