Nuwe seisoen
In die verlede was dit beslis die mooiste maand, maar die afgelope 2 jaar kan ek nie daarmee saamstem nie. In Suid-Afrika en ander dele van die wereld is baie mense oorlede, talle ernstig siek. Hospitale is oorvol, en begrafnisse het toegeneem. Besighede sukkel met die ekonomie wat verswak het. Menigte is deur die covid 19 virus geruk.
Lente bring troos vir elke hartseer, laat elke droë tak weer opnuut bot met splinternuwe groen blaartjies. Deur die wonders van God kry mens weer hoop om vandag se probleme in wonderwerke te laat verander.
Elke seisoen het sy mooi, en is uniek. Maak elke een jou beste een, dis jou keuse met watter gesindheid jy daarna kyk.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2021 – Akrostiese projek