Jongste aktiwiteit:

Oktober 2021 – Akrostiese projek: Kommentaar en Uitslae

INK OKTOBER 2021 KOMMENTAAR EN UITSLAE

Baie geluk aan hierdie 10 lede!

GEDIGTE:

GOUD:
No 18 – Anzè Bezuidenhout met Skellig
No 6 – Anzè Bezuidenhout met Oktobermaand
No 17 – Andries Fourie met Laat Oktober

SILWER:
No 12 – Zebulon Kochk met Kaal werf
No 1 – Driekie Grobler met Somerglans
No 13 – Amanda De Meillon met Oktober trane

BRONS:
No 3 – Carmen Edwards met Rykdom
No 4 – Carmen Edwards met OkMooi
No 8 – Roeline van Schalkwyk met Sielsvreugde

GORREL:
No 2 – Driekie Grobler met Oktober kraai gewis nie koning nie
No 3 – Amanda De Meillon met Werfkoltiljons
No 4 – Marlene Erasmus met Oktober – nie ons “mooiste mooiste maand” nie

RUBRIEKE:
No 4 – Marlene Erasmus met Oktobermaand – Is dit al tyd vir Kersfees?
No 1 – Driekie Grobler met Gun ons hier en nou
No 2 – Ano met Kling, Glöckchen, klingelingeling

ARTIKELS:
No 2 – Ano met Oktoberfees in September
No 1 – Ano met Die dans van die dooies
No 3 – Marlene Erasmus met Holi-fees: Fees van kleure in Indie

VERHALE:
No 1 – Riaan Palmer met Vir die reën

KOMMENTAAR:

BRONS:
3. Rykdom
Pragtig, geslaagde gedig. Jou vers is beeldryk. Welgedaan.

4. Okmooi
Pragtig. Geen kritiek.

5. 16de Oktober
Mooi geskiedkundige vers. Let asseblief op die plasing van jou punktuasie.

7. Genade in Oktober
Alhoewel jou vers getrou aan die opdrag is, vind ek dit moeilik om die inhoud met “Oktober” in verband te bring. Jou vers is egter geslaagd.

8. Sielsvreugde
Pragtig, geslaagd. Welgedaan.

19. Oktober blink en blou
Geslaagde akrostiese gedig. Emosioneel en beeldryk. Welgedaan.

SILWER:
1.. Somerglans
Besonderse gedig met pragtig, deurdagte woordkeuses. Mooi gedoen.

2. Oktober
Geslaagde vers. Mooi gedoen.

9. Maand van nuut begin
Beeldryk, lieflik en sintuiglik. Mooi gedoen.

10. Oktobervreugde
Geslaagde mooi gedig. Eerlik en aards.

11. Dans van die seisoene
Geslaagde vers. Mooi gedoen.

12. Kaal werf
Dit is ‘n besonderse roerende vers. Welgedaan. Pragtige woordgebruik.

13. Oktober trane
Besonderse beeldryke vers. Welgedaan.

14. Genadereën
Geslaagde vers.

15. Oktobergees
Pragtige woordkeuses. Geordende gedig. Welgedaan.

20. Treurwilgers
Pragtige beeldryke vers. Welgedaan.

22. Oktober
Geslaagde gedig.

23. Oktobermaand
Beeldryk en geslaagd.

GOUD:
6.. Oktobermaand
Uitsonderlik, beeldryk, aangrypende vers.

16. Kindwees in Oktober
Pragtig en geslaagd.

17. Laat Oktober
Beeldryk en aangryplik. Welgedaan.

18. Sekellig
Briljante vers. Geen kritiek hierop nie.

21. Oktobermaand
Pragtig en geslaagd.

GORRELS
1.. Nuwe seisoen
Dankie vir jou deelname. Jy het nie werklik ‘n argument aangebied waarom die stelling verkeerd is nie. Jy het gepoog, maar nie werklik daarin geslaag nie.

2. Oktober kraai gewis nie koning nie
Jy bied vir my ‘n persoonlike argument aan, presies soos die opdrag dit van jou vra. Jy betwyfel nie net die stelling nie, maar gee ook genoegsame motivering. Welgedaan.

3. Werfkotiljons
Dit is (hoe waar ookal) vir my ‘n heerlike humoristiese teenargument. Welgedaan.

4. Oktober – nié ons mooiste, mooiste maand nie
Dit is ‘n mooi poging. Jy het jou goed gekwyt van jou taak.

RUBRIEKE:
1..Gun ons hier en nou
Heerlike, fietse rubriek. Jy het jou persoonlike mening goed en raak bespreek.

2. Kling, Glotchen en klingelelingeling
Heerlike leesstof. Dankie vir jou deelname.

3. God is lente
Let asseblief punktuasie. Jy skryf sinne, wat lank strek maar nie genoegsame punktuasie gebruik nie. Dit maak die leeservaring vir die leser moeilik.

4. Oktobermaand – Is dit al tyd vir KErsfees?
Heerlike leesstof. Dankie vir jou deelname.

ARTIKELS:
1.. Die dans van die dooies
Dit is ‘n briljante, goed nagevorsde artikel. Welgedaan.

2. Oktoberfees in September
Baie dankie vir hierdie baie goeie artikel. Jy het behoorlike navorsing gedoen en die leser weet baie meer van hierdie fees. Uitsonderlik.

3. Holi-fees: Fees van kleure
Briljante navorsing. Die aanbieding is ook ineressant. Dankie vir ‘n goeie artikel.

VERHALE:
1.. Vir die reën
Dit is ‘n besonderse verhaal. Ek het heerlik hieraan gelees.

Ink moderator




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed