Jongste aktiwiteit:

OMSLAG FOTO van die INK gedenkbundel

Die bundel is na die drukkers en behoort binne 4 – 6 weke gedruk te wees. Sodra die bundels ontvang is sal dit onmiddelik uitgestuur word aan al die lede wat bestel het. Daar is net 10 ekstra bundels bestel so indien daar nog iemand is wat belangstel om een aan te skaf stuur asb dadelik n e-pos met jou aflewerings pos adres en bewys van betaling (R170) aan skryfafrikaans@ink.org.za.

INHOUDSOPGAWE
(INK gedenkbundel – Bundelnaam: INKspraak)

Sommige van die bladsy nommers mag verander as daar verhale is wat oorvleuel maar die inhoud sal nie verander nie.

Anzé Bezuidenhout 6 Ligkaatser My gebede(m)uur
Desiréé 8 Wie sou? 9 Dit reën in emmers
Carma Shaw (Viooltjie) 10 Bitterbos 11 Die reën is in die rym
Eduard Smith 12 Kronkelberg se hande 13 Voor die skeiding
Neels 14 Romantiese wintersaand 15 Afskeid van ‘n staatmaker
Zymrly 16 Die droomboom 17 Prinses van gif
Helena Mellet 18 Die windpomp langs die dam 19 Afwagtend
Ano 20 Kersfees, liefde en familie 21 Carpe Diem se watsenaam
Zeekoesteek (Gerhard) 22 Daantjie Andreas oor Riemvasmaak
Chantelle Holder (Somerreën) 23 Fyn ge(voel)ig
Versieboer (Diederick Reinecke) 24 Wintertyd van my bestaan
Louie van der Watt 25 ‘n Nuwe dag 26 ‘n Briefie
Kiekies (Lynette McMillan) 27 Een dag
Kobus Smith 28 Jy, my liefling
Elizabeth Greeff 29 Die klooster 30 Umakoti se huweliksdag
Mariette Stoker 31 Geelmagrietjievrou 32 Voëlsonde kaskenades
Hennie Fritz 33 Meneer Adams in Drukkerystraat
Casper du Plessis 34 Nagmerrie 35 Anderkant werklikheid
Boetiegoed (Ludwig) 36 Ramon
Timothy de Vos Botha 37 Tot die einde my kom haal
Bladsy 38/39 Spasie vir moontlike oorvleueling van verhale
LadySoul 40 Romanse mooi 41 Onthou jy nog my lief
Jaco Geldenhuys 42 Wiegelied 43/44 Stoepstories No 14
Anton Killian 45 Jou rotsbodem 46 Jy, my somer 47 Stille gesprek, heilige gesprek
Amazon (Louisa van Vliet) 48 Die silwerrandjie   49 Die paddakoor
Cornien Naude  50 ‘n Padkaart na jou  51 Nog lente in jou hart
Ammie Moon 52 Winterkind 53 Blouwaterbaai 54 Voetsteen trek in die ou dae
CH Nel Venter 55 Paternoster somerson
Toom (Thomas Egerton) 56 Kersfees in oorlogtyd
Karin Muller 57 Sy is van die kerk 58 Watter maand is jou maand?
Janetta Boonzaaier 59 So stil-stil 60 Sonder jou
Annamarie du Toit 61 Kosmos 62 Somer op Bloukop
63 64 Spasie vir moontlike oorvleueling van verhale
Koekekranka 65 Vervulling 66 Bariumsulfaat en pergasie
Velma Barnard 67 Feestyd blousel 68 Vyfde seisoen
Wolfram (Dries Kruger) 69 Jou boompie 70 Namib
Mariska Smit 71 Ballerina in ‘n boks 72 Antiek
Wendy Smith 73 Kom huis toe
Carin Marais 74 Grond so rooi soos bloed 75 Skryf
Niel 76 Soos papiervliegtuigies 77 Meesterstuk
Suzette Strydom 78 Op die horisonpad 79 Daar’s ‘n wind wat waai
Ronel Janse van Vuuren 80 Hoop op Oukersaand 81 Saphira en die toorlied
Ernst Fernando dos Santos 82 (on)Heilige grond 83 In die sluimer van bome
Liz Oberholzer Barnard  84 Renonkel
Tom Brown 85 Versoening
Wynand Smit 86 Onvergenoegd
Ina Smit 87 Lente ontwaking
Charlene le Roux 88 Onskuldig weerloos
Blommie (Werner) 89 Snaarspore
Hester Myburg 90 Eensame ek   91 My liewe vriendin
Linnie van Niekerk 92 Verlange
93 SPASIE VIR VERHALE 
Kobie (Jacoba O’Neil)  94 Soos nou 95 Gyspy vrou
Marisa Labuschagne 96 ‘n Duisend seemyl
OrangeBlue 97 Ella (Deel 1) 98 Ella (Deel 2)
Barbara Smit 99 Doolhof van my liefde  100 Elizabeth
Hermien Strumpher 101 Die eggo van jou 102 Kolmanskop
Roeline van Schalkwyk 103 Voedselketting
Loretta Szikra 104 Haar naam was ook Saartjie 105 Seshonderd Rupees
Heleen Malherbe 106 trane 107 Roep van die naguil
Anria 108 Die mooi van die donker
109
Versieboer 110 Wintertyd van my bestaan  
André van Wyngaard 112 Musiek 
Epimetheus 114 Vind my in die marge  

Woordgroete
IM

 

Ander lede wat wel reeds aangedui het hulle wil bundels bestel maar nog nie betaal het nie moet asb so gou doenlik die inbetalings doen.

Ons wil asb so spoedig moontlik ‘n aanduiding hê wie nog bundels wil bestel en hoeveel kopieë. Laat asb ‘n kommentaar indien u sou belangstel om hierdie spesiale bundel aan te skaf EN stuur dadelik jou e-pos aan skryfafrikaans@ink.org.za met die aflewerings posadres EN bewys van betaling om die bestelling te bevestig asb.

Die bundelkoste (posgeld ingesluit) sal R 170 beloop.

Ek plaas die bankbesonderhede hier vir verwysing:
FNB – Modimolle
Ink in Afrikaans
Besigheidsrekening
Rek no: 62588595036
Takkode: 260247

Vir die Buitelandse lede:

Swift/BIC (Bank Internationale Kode): FIRNZAJJ
Tak: //ZA260247
Rekening: /62588595036

Sodra al die bundels van die drukkers ontvang is  sal Anzé die versendings behartig sodra sy dit van die drukkers ontvang.




24 Kommentare

  • Viooltjie

    Dit lyk vir my baie goed en of daar 'n wonderlike verskeidenheid skrywes in gaan wees. :-)

  • Cornien

    Ek kan nie wag om met die gedenkbundel in my hande te sit nie!! Gebruik asseblief my skrywers naam met my van vir die bundel: Cornien Naudé Baie dankie - sterkte met die finalisering, ek hoop julle kry gou terugvoering van almal.

  • KOBUS SMITH

    Ek glo dit gaan 'n lekkerlees bundel wees.

  • Hermien Strumpher

    Ek wil asseblief 6 bundels bestel. Ek was ongelukkig in die buiteland en kon nie my bestelling plaas nie. Ek sal vandag die betaling maak. Dankie

  • Hermien Strumpher

    Ek was ongelukkig in die buiteland en wil graag nog 6 bundels bestel. Ek betaal vandag. Baie dankie

  • Arnold

    Ek hoop dat ek ʼn woord van spraak kan aanhef. Ek voel net dat die gedigte wat daar van my gekies is, voldoen nie aan die vereistes van die kompetisie nie. Die kompetisie was vir die Ink-gedenkbundel. Ja, ek het my werk onttrek omdat dit nie aan die vereistes voldoen het, volgens die beoordeelaar nie. Nou sien ek dat die twee gedigte van my minder aan die tema voldoen. (Die tema vir die bundel gaan oor Kersfees, familie en liefde.) Een van die gedigte was vir ʼn lente kompetisie, die ander een, die groot skryf kompetisie wat ook nie eers in aanmerking gebring was nie, as gevolg dat daar nie by die oorspronklike reëls gehou was nie. Ja, ek het al my gedigte wat op hierdie blad geplaas is, alreeds aan ʼn uitgewer voorgelê. Dus kan Ink nie my gedigte gebruik nie. Net ʼn laaste punt, ek persoonlik voel dat daar agter die skrywer se rug gekonkel word. Daarom het ek nie meer die vrymoedigheid en sien ek nie my weg hier oop om enige van my werke verder te plaas op hierdie blad nie. 06 Maart 2017 om 8h15.

    • Anze

      Arnold: Lede moet asb kennis neem dat die oorspronklike tema van die projek verval het die oomblik toe die borg kop uitgetrek het. Hierdie bundel sal dus die beste werke van die INK lede bevat. INK het besluit om dan self hierdie kosbare bundel aan te pak en deur te voer. Ek dink dus eerlik dat hierdie aanval onnodig en buite verband is

  • Inkmoderator

    Beste Arnold, Ek antwoord ook graag onderwyl Anzé reeds hierdie kwessie met jou aangevoer het. Kom ons kyk na die feite: Daar was 'm algemene nota geplaas aangaande die gedenkbundel waarin ek dit onomwonde genoem het, alhoewel die kompetisie nog oop was, daar veels té min inskrywings ontvang is om 'n 120 bladsy bundel saam te stel. Ek het gevra dat lede wat beswaar maak teen die insluiting van vorige werk 'n aanduiding sal gee. Ons het op daardie stadium niks van jou gehoor nie. Verder, soos Anzé reeds genoem het, het die borg onttrek, en om teleustelling te vermy het die bestuur van INK besluit om self die projek op EIE ONKOSTE (aanvanklik) aan te pak. Die reëls het dus verander. Ek het so gereeld as wat dit menslik moontlik was almal op datum gehou van die verwikkelinge. Jy het egter ingestem om deel te wees hiervan en kan nie van INK verwag om nou die proses te verander net omdat jou werk by 'n uitgewer voorgelê is nie. Dit is 'n striemende aanval waar jy ons beskuldig van konkeling agter jou rug. Hoe sou dit eens moontlik of nodig wees? Hierdie is die feite soos uiteengesit en ek vertrou dat jy die atmosfeer sal suiwer wat jy veroorsaak het deur aannames te maak wat hoegenaamd van waarheid ontneem is. INK as platform Meneer, het, doen en sal altyd die belange van die skrywers op die hals dra en hoewel Anzé NIE 'n enkele sent maak uit hierdie webwerf nie (maar alles weer terugploeg) doen sy 'n uitmuntende taak. Ek neem aanstoot en verwag dat jy so spoedig soos jy die aanval geloots het, eerbaar sal wees, en regmaak wat verbrou is.. Woordgroete IM

    • Arnold

      Ek het mooi gaan dink wie die oorsaak is dat ek hierdie skrywe aangehef het. Daar word nie op my redes en bewerings gereageer nie. Ek word as die skuldige uitgemaak. Dit lyk vir my dat jy en die IM wegskram van die waarheid en ek sal dit hieronder staaf. 1; in Ink-gedenkbundel was daar reëls wat na gekom moes word. Diegene wat nie wil deel neem nie, moet die verlies van so ‘n guldige geleentheid verbeur. Toe skielik word die reëls verander sonder om enige skrywer wat getrou sy werk hier plaas, in ag te neem. Waarvoor is daar reëls? 2; nou is die vraag hoe betroubaar gaan die reëls wees van hier en in die toekoms? Ek sien wel dat daar ‘n ander borg is, en ek sien nog steeds dat die tema dieselfde gebly het. (Die tema vir die bundel gaan oor Kersfees, familie en liefde.) Indien die tema verander het, is dit volgens my net aan sekere skrywers gerig. 3; die oomblik toe ek my van die oorspronklike (Ink.gedenkbundel) kompetisie onttrek het, het ek te kenne gegee dat ek nie meer wil deelneem nie. Ek haal die IM se eie woorde aan, 17 Januarie 2016; “Met toestemming van die bestuur bring ek graag die volgende onder jul aandag. Daar is besluit om deur die INK webwerf te werk en vorige plasings te oorweeg vir insluiting. Dit kan egter nie gebeur sonder die medewete en toestemming van die betrokke digter/skrywer nie.” 4; op die IM se stelling, “hoewel Anzé NIE ‘n enkele sent maak uit hierdie webwerf nie...” Elke skrywer wat sy werk hier kom plaas moet ledegeld betaal, wat reg is. Wat u nie noem nie, is dat elke skrywer geen vergoeding kry nie óf dit uit die liefde van die saak doen nie en om sy Moedertaal te bevorder nie. Ek persoonlik dink dat die blad ‘n bietjie meer die skrywer se gevoelens in ag kan neem. 7 Maart 2017 om 8h00.

  • Ernst

    Dankie vir jul harde werk met die bundel. Ek versoek graag dat my volle name gebruik word, naamlik: Ernst Fernando dos Santos. Ek het reeds 'n inbetaling gemaak en 'n bundel bestel. Groete :)

  • Barbara

    Ek verkies ook my volle naam asb. Barbara Smit. Ek baie dankie vir al julle moeite. Ons weet dat dit groot beplanning en harde werk is en waardeer dit opreg. :)

  • Ronel Janse van Vuuren

    Lyk goed :-) Gaan julle, soos met die Brose Genade bundel, weer 'n foto en kort biografie van elke skrywer/digter plaas voor hul werk? Dit kan dalk help met die blaaie wat nog gevul moet word...

    • Anze

      Ronel, ons het slegs n paar bladsye nog oop, maar ek sal n gorrel aan die lede stuur en uitvind hoe hulle daaroor voel. Elkeen kan dan net n kommentaar laat indien hulle voel dit is n goeie gedagte al dan nie

  • Kobie

    Baie dankie vir die byvoeging van my gedigte ek sal so gou doenlik my bydrae maak dit is 'n puik bundel wees om te besit. Jacoba.

  • Loretta Szikra

    Baie dankie dat julle my gedigte in die bundel geplaas het. Ek voel verskriklik trots om deel hiervan te wees. Daar is soveel goeie skrywers, dat dit net n sukses kan wees. Dit is sommer fantastiese nuus - ek kan nie wag om my neus daarin te druk en te begin lees nie. Ek wil asseblief 2 bundel vir nou bestel. Sal vandag betaal. ;-)

  • Amaspoke

    Anze ek verkies ook dat my eie (Casper du Plessis) naam gebruik word en nie die ander naam nie. Ek wil sal twee bundels neem. Ek h epos ook gestuur, hoop dit kom by jou uit.

  • Amaspoke

    Verskoon asseblief die taalgebruik in die voorafgaande epos. Ek weet nie waar my gedagtes was toe ek dit geskryf het nie.

  • Roeline

    Baie dankie! Kan nie wag vir die digbundel nie.

  • Toom

    Natuurlik bestel ek ook 'n eksemplaar. Moet net kyk hoe ek my geld kan oordra. Laat dit my probleem wees . . . Ek kry dit tog (een of ander tyd) reg! GvT

  • Anze

    Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om aan elke INK lid wat betrokke was by hierdie pragbundel baie dankie se dat ons julle werk kon gebruik het om die bundel saam te stel. Hierdie is voorwaar kosbaar!

  • Viooltjie

    Baie goeie titel. Ek hou van die omslag. Baie dankie vir al julle harde werk om die bundel moontlik te maak. :-) :-) :-)

  • IronLady

    Hi ek wil graag hoor of daar nog dalk ink bundels beskikbaar is? Baie dankie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed