Jongste aktiwiteit:

Kompetisie vir lede bo 50 deur GrysKrag: Engel op jou pad – gou speel skrywers net 1 dag oor!

Ons het vandag van hierdie kompetisie vir skrywers gehoor en deel dit graag met die INK lede.

Kompetisie vir lede bo 50 UITNODIGING

Skryf oor ‘n ‘ENGEL OP JOU PAD”

GrysKrag, in samewerking met ‘n geesdriftige borg, Riaan Greyling, wil ‘n bundel met kort bydraes publiseer oor die onderwerp: Engele op my pad. Alle lesers van Plus 50-tydskrif en ander belangstellende vyftig-plussers word genooi om bydraes in te stuur.

Die engel waaroor dit gaan, hoef nie net iemand soos ‘n naby-vriend, familielid of onbekende helper te wees nie. Dit kan selfs jou hond (bv gidshond), selfoon, gunsteling-skrywer, jou dokter, ‘n inspirerende persoon wat jou lewe verander het, of enige iemand of iets wees wat jy as ‘n engel beskou.

Die verhaaltjie of skets wat jy skryf, kan van uiteenlopende aard wees, bv humoristies, verheerlikend, waarderend, nostalgies, besinnend. Dit kan bv heel plat op die aarde wees of dit kan die bonatuurlike aanraak, dit moet net goed geskryf wees.

Bydraes (verhale/sketse) van 300 tot so 900 woorde, met ‘n maksimum van 1 100 woorde sal in aanmerking kom. Dit moet in duidelik leesbare en goed afgewerkte vorm aangebied word en so spoedig moontlik op INK geplaas word, die ink bestuur sal dan al die inskrywings as ‘n eenheid en onder jou naam versend per e-pos. Sodra jou inskrywing geplaas is moet jy asb jou persoonlike besonderhede (Naam, e-pos adres en sel nommer asook jou inskrywing se opskrif) onmiddelik per e-pos stuur aan skryfafrikaans@ink.org.za

Vir die drie beste inskrywings is daar ‘n prysgeld van R1 000 elk en die geleentheid om gepubliseer te word.

Sluitingsdatum: Inskrywings moet INK bereik vóór 7 April en wenners word 30 April 2017 aangekondig.

Kom neem asb deel dalk is een van INK se skrywers die wenner!!!!




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed