Ontsag of Bang
Ontsag of Bang
Ek is nie noodwendig
so bang vir gewone alledaagshede
nie, maar het ‘n groot ontsag
vir die natuurkragte—
Ek het groot ontsag vir die
donderweer en blitse en trek my
gordyne dig toe vir die weerligstrale
want Totius se dogtertjie is dood voor
haar kamervenster gekry deur weerlig getref.
Ek vrees die onstuimige see en sy reuse golwe
want baie skepe het al vergaan en die seebodem
in ‘n reuse begraafplaas omskep—
Ek vrees die venietigende orkane wat alles
opslurp en platvee in sy draaitol beweging
en die mens is magteloos en weerloos teen
die ontsagwekkende natuurkragte—
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.