Ontsnap
Predikers op kiste seep spreek luidkeels tot die skare.
Woorde wat van heuning drup, die soetste doen die meeste skade.
Die mensdom draf hul wankelpad, maar pyn en lyding soek altyd maat.
Waar jy wandel in die lig en waarheid, kry jy die ergste kwaad.
Reëls en sakramente is deur mense uit hul duime gesuig.
Met dwase oordeel word jy geblik, mens moet mos getuig.
Geen begrip of naaste liefde word op die aard bevind.
Die skrille mensdom is stom en doof, hul hart en siele blind.
My noodkreet word uit die tuimelende lug om my gegryp,
vermom, in donkerte gegiet en deur leuns en waansin versuip.
Respek en eerbied het ‘n stille dood gesterf in die hede vagevuur.
Om trots en wysheid te bekom los mens bitter en suur.
Die slinkste satans skuil en lag in donker hoeke en geliefdes se harte.
Hul speel ‘n spel van Jan-Pierewiet met al wat jy ken van liefde en van smarte.
Om veroordeel te word deur dwase is die juk wat ons generasie te dra.
Hul is kennisloos en koud, soos ‘n warrelwind van narre, net vol pes en pla.
My gees is heel en vrugbaar, ek is gelukkig met my onvolmaakte, gekraakte gewaad.
Ek luister nie na die blindes wat die dwase lei, en kansel slegs my eie raad.
Ek het gebrand, gebloei en sweet, ek het geswoeg in my daaglikse marteling.
Soms struikel ek steeds, maar het wysheid verwerf en ontsnap laggend van die sparteling.
Ek vind geluk deur myself te wees en mense wat my stryd erken.
Skaars gevonde skatte, maar ons sal altyd lag lag wen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.