Jongste aktiwiteit:

Gek geskeur

Druppel vir druppel dreineer my gees.
Terwyl ek probeer onderskei tussen wese en wees.
Die storms bly draai en tyd stap aan.
Ek staan hier hulpeloos terwyl my wêreld vergaan.

Die son breek deur en streel my gesig.
Die lied van die lewe is soos ‘n liefdes gedig.
My hart klop jou identiteit, beeld van ‘n vreemdeling.
Die wolke breek weg en ek hoor dat dit jou stem is wat sing.

Vreemdeling is ek nie. Jy weet wie ek is.
Dit is ek waarna jy smag, die gevoelens droom wat jy mis.
Op die horison staan jou beeld en blink.
My hart en moed het in my skoene gesink.

Die pad van liefde is lank en hard.
Ons deel met mekaar ons geluk en smart.
Ek hou jou vas en my vlees is heel.
Jou sonstraal glimlag het my hart gesteel.

Vreemdeling is jy nie! Ek het jou gevind.
Die gedagtes van gister het ons saam gebind.
Vreemdeling jy, vreemdeling ek.
My emosies het my gevat vir ‘n gek!

Die eggo van my gebroke hart weerklink.
My moed het tot die bodem toe gesink.
Vreemdeling jy, vreemdeling ek.
My emosies vat my altyd vir ‘n gek.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed