Rebellie
In die vroëe oggend ure skud ek die duiwel se hand.
Veroordeellaars sal verniet hul siele aan hom verpand.
Hy ken my goed, ek is wie ek is, geen leun.
Daar is geen respek vir wie op die waarheid steun.
Geen respek vir die mensdom wat om my maal.
Blind en doelloos swaai hul om die lewens paal.
Ek voel wat ek voel en het niks om weg te steek nie.
Geen verskuilde boodskap soos Sondae se preke nie.
My keel is al rou geskree, maar hulle bly steeds doof.
Terwyl hulle probeer om my van my geld en verstand te roof.
Die vure van hel brand warm en hoog.
Die trane van die wat weg is, is al lankal droog.
Al wat ek wil hê is bietjie geluk en bietjie vrede.
Staan verniet en mergel uit my hart se skrede.
Sny my en ek bloei donker skadus uit my wonde.
Ons sit verniet en wag vir antwoorde op die leë verbonde.
Hoe giggel die geel breë bek van die verskuilde vampier.
Ons giggel stilletjies saam en bestel maar nog ‘n bier.
Verly my maar, jou slinkse kreatuur van die nag.
Dit is immers ek, die laaste, wat die lekkerste lag.
Lag maar in jou waansin, jou selfsug, deel jou pyn.
Terwyl jy my stroop probeer smeer, skink vir my nog ‘n glasie wyn.
Wees eerder eerlik, wees jouself, jy skuld die mensdom niks nie.
Verbrokkel die onwaarheid van die bestaan, leunnaars is nie fliks nie.
Moenie dans soos ‘n marrionet nie, hou op volg soos ‘n skaap.
Volg jou eie wysie, swem stroom op, rebelleer selfs in jou slaap.
Moet nooit net aanvaar nie, veg met wapens van flees en bloed.
Ek en Satan knik erkenning wanneer die donker ons groet.
Hou op veroordeel en haal die balk uit jou eie blinde oog.
In die land van die een oog koning is dwaasheid eie voog.
Baklei terug, moenie toelaat dat jy net stagneer nie.
Luister mooi my vriend, ek sê dit nie weer ‘n keer nie…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.