Jongste aktiwiteit:

Woestyn van hoop

Ek staan hier weerloos in ‘n swart woestyn.
In die duister is daar geen teken van lig wat skyn.
Die vure van my geknakte siel brand laag.
My gedagtes warboel, maar is stadig en vertraag.

Ek sien die weerlig en wolke, pik, op die horison.
Miskien eendag sal ek weer kan staan in die son.
Die stroms buite, bruis soos my gesplete gevoel.
En ek is vasgevang in die haat wat oor my spoel.

Ek gil en skree tot my hart en longe in flenters skeer.
Ek soek verniet na wat ek smag en nog baie meer.
Geen uitering verlaat my siel, net bloed en kwaad en suur.
Ek smeek om hulp en ‘n hand van deernis in my laaste uur.

Daar is ‘n krieweling hier binne, in die hoeke van my gees.
Die onheil van die storm van my stryd tussen wese en van wees,
ontwrig my vrede, en lyk vir my, of ek my geluk verniet verpand.
Die krake van my hart skeer stadig oop in die see van my verstand.

Steeds staan ek stewig tussen die storms, in my swart woestyn en hoop.
Al is die jeuk swaar en hard, sal my voete aanhou loop.
Die lewenswiel se draai sal my eendag by groen weivelde laat rus.
Wat binne in my is is sterker as dit wat van buite my siel se vuur wil blus.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed