Jongste aktiwiteit:

Sleep saam

Ek skree nogsteeds uit volle bors.
Niemand hoor my stem nie.
Ek dwaal steeds verbete rond,
sonder wens of kans van wen nie.

Vasgevang in die realiteit van die lewe wat ons ly.
Vasgevang deur heuning woorde wat sleep hier langs my sy.

My towerkragte het my verlaat.
Geen “magic” meer te vind nie.
Marseer maar verder blik soldaat.
Jy het nie meer die onskuld van ‘n kind nie.

Vasgevang in die realiteit van die lewe wat ons ly.
Vasgevang deur heuning woorde wat sleep hier langs my sy.

Ek soek net ‘n bietjie liefde,
maar vind net donker haat.
My emosies het met my gemors.
Ek glo dit is al klaar te laat.

Vasgevang in die realiteit van die lewe wat ons ly.
Vasgevang deur heuning woorde wat sleep hier langs my sy.

Van die ankers om ons nekke,
los ons nie maklik wat ons kwaal.
Satan beheer die marionette, die mense gekke.
Terwyl eerbaarheid langs die pad verdwaal.

Vasgevang in die realiteit van die lewe wat ons ly.
Vasgevang deur heuning woorde wat sleep hier langs my sy.

Sleep jou voete, sleep jou tong,
sleep jou ankers deur die moeras.
Sleep jou drome, sleep die woorde van ‘n “song”.
Sleep jou siel deur die vuur, terwyl jy nog brokkies aanlas.

Vasgevang in die realiteit van die lewe wat ons ly.
Vasgevang deur heuning woorde wat sleep hier langs my sy.

Ek skree nogsteeds uit volle bors
en niemand hoor my stem nie.
Ons almal dwaal maar verbete rond,
sonder kans of wens van wen nie.

Vasgevang in die realiteit van die lewe wat ons ly.
Vasgevang deur heuning woorde wat sleep hier langs my sy.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed