Jongste aktiwiteit:

Ou siel jonk in gees

Die nederigheid kan jy sien
in haar oë
wanneer sy vir jou vertel
van haar lewe

haar hande lyk oud en verniel
maar dit is vir my mooi
want dit wys
haar hande het al hard gewerk

geplooi sprankel haar persoonlikheid
wanneer sy praat
oor dinge na aan die hart

sag is haar stem vol liefde
ñ stem wat soveel hoop
vir ander bring

haar mens wees trek jou in
en ek weet sommer
Jesus is besonders lief vir haar

seën haar en behoed haar Heer
wys haar dat sy meer is
as wat die aarde van haar neem
gee vir haar die hoop
waarmee sy soveel ander seën.

© 2018 C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed