Enkel belydenis (opdrag 5)
my liefling,
dit was lente –
ek wou laf wees (soos ’n kind)
ek wou bloeisels ruik
en langs lelies sit
wat room kelk
op some van ’n vlei
tussen suikerbos en steenboksriet
wou ek – naas jou –
midde fynbos staan
want dit was lente
ek wou jou liefhê
(dis maar al)
© Carma Shaw
6 Augustus 2018
10:58
14 Kommentare
-
-
Callie Vermeulen
Pragtig Carma - ek hou van jou beeld.
-
Loretta Szikra
Pragtig geskryf Carma. 😊
-
charne
Dit is baie mooi. WOW
-
Driekie
Uitstekend!
-
Estelle
Verlang-mooi Carma
-
Cornien
Vir ewig jonk... en verlief! Mooi geskryf!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie