Dogter van Sion
die son sak vroeg oor die dorp
mense keer huiswaarts
gaan skuil teen die koue
behalwe in Kerkstraat
waar ‘n vrou staan op die hoek
skraps geklee
haar kyk
haar stap
haar glimlag is verleidelik
met ‘n doel
om die natuur te gebruik
ten einde munt te slaan in die nagdonker
vasgevang
verwerp
verstoot
vergeet
verkrag (selfs haar reg as menswees)
dogter van Sion
jou beweging met vals hoogmoed
verleiding in daardie oë wat diep pyn verberg
swaaiend loop jy met jou heupe asof jy hierdie lyding simbolies afskud
die geklingel van juwele om jou enkels om jou gedagtes van pyn en lyding te stil
nog ‘n nag
nog ‘n vrou se man
nog ‘n paar sent om my kind te versorg
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.