Jongste aktiwiteit:

Padkaart deur die lewe

hoeveel kronkels en afdraai paaie
loop deur ‘n mens se eie lewe
is soveel om op te noem
wonder waar die begin en einde

ooit in ag geneem kan word
want soveel draaie en hoeke
reguit paaie en kronkel paaie
dis gewis in elkeen se lewe

die padkaart deur die lewe
kan jou op vreemde plekke bring
die pad na die liefde kan daar wees
met kalmte en geduld gewag

dan kom die haat met soveel
kwaad en nors en einas verby
jy kan ook kies tussen waaghalsig wees
of sommer net vrede en vreugde kies

meskien is jy die een wat kies om
heeldag te sit en kla en mor oor alles
dalk kies jy om eerrder siek te wees
want hoeveel spreek siekte oor hulself

positief maak gelukkig en bring vrede
maar negatief sorg vir ongeduld en stress
waar bevind jou padkaart jou in die lewe
is dit waar jy wil wees of is dit nie

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed