Stil het hul geword (my ouers)
my ouers gebind met liefde vir mekaar
straal die liefde uit na hul kinders
liefde het ons behoorlik geken
al was dit aan Eer jou vader en jou moeder
want beslis het God al die Eer gekry
by ‘n ouerpaar wat Godvresend was
het hul ons gelei na waardevolle waardes en
leef ons dit beslis in God se teenwoordigheid
groot het God se Naam geword elke dag
deur Jesus raak te sien in ‘n ouer paartjie
haal ek my hoed vir hulle af, wat beslis met
wysheid hulle kinders en kleinkinders
in die arms van God se Genade gelaat het
groei elkeen van ons op met Jesus groot
verlange word groot maar met ‘n wit duif
so nou end en weet ons hul steeds naby ons
dan bring dit ‘n kalmte om ons heen
want God verlaat ons nooit weer
sy belofte aan hul gehou met liefde
beskerm Hy steeds ons en ons kinders
genade groot het ons ouers ontvang
en genade groot word aan ons uitgedeel
aan God die Eer vir beloftes nimmereindig
groot, en aanhoudende beskerming altyd deur.
Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.