Penneblikkie Liefde
Sy naam bly dalk net ’n dag of twee
jy’t die vorige een reeds uitgevee
Hulle weet nie eens dis hulle nie
Is dit nommer een, twee of drie?
“Oxford” sien jy lankal nie meer
die blikkie is nou ’n ander kleur
passers en boë is net vir oë verblind
dié blikkie behoort aan ’n meisiekind
In die deksel lê jou geheime gekerf
wie het dié week ‘n plekkie geërf
Vans, Lizzards, Bad Girl en Roxy
Addidas, Reebok, Billabong en Foxy
Plakkertjies en bont geskryf
’n ander ou se tydskrif lyf
’n Beechie en opgedroogde Super-glue
nog baie plek vir “I love You”
Jou hele lewe in dié ou blikkie
jou hart, jou siel vir net ’n rukkie
môre sien jy sy naam nie hier
hy’t plek gemaak vir nommer vier.
© Elise van Geffen
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.