reëngebed
reëngebed
die aandwind het gekom om die dag se koors te breek
net toe die laaste lig ’n pastelvuur in die lug aansteek
ek het toe sag gefluister dat net die Here my kan hoor
en ek vra vir groot genade voor ons alles hier verloor
ek vra om hulp vir regop bly en vir riviere vol van hoop
en dat dit asseblief sal reën daar waar die diere loop
na al die somermaande staan die veld nog wintervaal
ons wag vir hemelwater om ons deur die jaar te haal
herfs begin sy kleure wys en die son het terug gedraai
maar ek vra fluistersag dat die wind nog reg sal waai
© Hester Steenkamp
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.