Jongste aktiwiteit:

Resensie: VYF-EN-VEERTIG MINUTE NA RAMALLAH, die film

VYF-EN-VEERTIG MINUTE na RAMALLAH, die film

Rafik en Jamal se vader is die tipiese opvlieënde patriarg van ‘n palestynse familie in Oos-Jerusalem. En hy sterf na ‘n woedeaanval tydens ‘n stryery – tydens die huwelik van sy jongste seun soos die ongeluk dit wil hê. Sy wens was altyd om in sy tuisdorp Ramallah in die outonome gebied ter aarde bestel te word. Aldus soll die onwillige Jamal en sy ouboet Rafik sy lyk daarheen smokkel en die voorbereidings vir die begrafnis reël; die vrouens sal dan later oor die grens kom. „’n Rit van 45 minute.”

Dit meen hulle, nè? Drie dae later sal hulle anders daaroor praat!

[45 Minuten bis Ramallah; 2013; r: Ali Samadi Ahadi, met Karim Saleh (Rafik), Navid Akhavan (Jamal), Jackie Sawiris (Mama), Julie Engelbrecht (Olga), Eyas Younis (Ariel Feldman), Ed Ward (Nikolai), Badasar Colbiyik (Munir), Lara Sawalha (Alia), Hakim Tamimi (Nabil), Payam Madjlessi (Mustafa), Suzan Demircan (Samira) en Lufuf Nuweiser (Igor); vanaf 12 j.; Duitsland; premiere Augustus 2013 in Kanada.]

Die verteenwoordiger van die Aandskool het in sy invoerende aanspraak gesê, hy kon glad nie voorstel hoe iemand ‘n komedie uit die rampspoedige toestande in die Na-Ooste kon maak nie. In een koerantopskrif staan „Satiriese reis deur die mynveld Na-Ooste”.

Ons helde (dis eintlik Rafik se verhaal, hy wat in Hamburg woon en as kombuishulp in ‘n restourant werk en heelwat van die ou tradisies al afgelê het; Jamal het geen interesse nie, hy wil net terug na sy bruid) word van alle kante aangeval. Of dit nou die Israelis is wat hulle hoognasig aanspreek en hulle op ongelooflik lange ompaaie stuur slegs om hulle ‘n stok voor te steek. Of dit die beeldskone blondine, Olga, is wat hulle bakkie met die hele inhoud, inkluis vader se lyk, steel. Of dit die russiese mafia is wat ook hulle eie kriminele doele navolg; ons ontdek later dat Olga ook bendelid is. Of dit dan die palestynse radikale fondamentaliste is wat hulle aan die anderkant van die grens as selfmoordbommers wil terugstuur. Alles is teen hulle, maar deur moet hulle deur, by tye met wonderlike pirotegniek soos die motors en goeters ontplof. Te aller tye met lewensgevaar wat om die hoek loer. Die hele rougemeente is al daar, en Rafik moet oor sy selfoon met uitwykende verklarings probeer om die vroumense te bedaar: Dat hulle net nie histeries raak nie!

Ons kan hier goed en graag van swart humor praat, swart humor van die ergste soort: Hoeveel word gelag en hoeveel word ‘n traantjie weggedruk (want: „Dis mos wáár, mens!”) kan net elkeen sê wat die film gesien het. En tog het ons gelag, byvoorbeeld oor die man wat oor ‘n saamgepersde blok metaal en glas huil – die motor waarin hul Pa nog gery het. Ook oor die aftakeling van ou holruggeryde vooroordele. . . So teen die einde sê Rafik die waarste woorde van die abend: – Hierdie land is ‘n malhuis!

In Duitsland leef en woon allerlei „uitlanders”, Pole, Russe, Tjegge, Kroate, Bosniake, Albaniërs, Roemene, Turke, Kurde, Israelis, Palestyne, Arabiere (en daar het ons nog nie eers een halfsirkel om Duitsland se grense voltooi nie) en almal het die een of ander storie om te vertel. So het ons daarstellende kunstenaars uit die hele wêreld, en dááronder is ook toneelspelers en regisseure. Ek het al Fatih Akim se naam genoem, ‘n turkse regisseur wat al ‘n hele paar films gemaak het. In 2009 het Ali Samadi Ahadi ‘n „culture-clash-komedie” gedraai, Salami Aleikum, waarin hy heilige koeie, troetelvooroordele en denkbarriéres skerpsinnig afgesaag het. Hulle word aanvaar as duitse kunstenaars, en die algemene publiek stroom na sulke opvoerings. Karakters van alle kleure en geure speel in verskillende sepies en ander films, soos dit „daarbuite op die straat” lyk. Net op die konservatiewe platteland kom nie alteveel sulke multi-kulti opvoerings nie. Brad en Angelina en George en Julia skyn die bedurfnisse te dek, buiten daar kom ‘n „Heimatfilm”, waarby die groot name uit die sestigs tot tagtigs een na die ander aan’t uitsterf is.

Graag vier sterre. Sal hom ook nog ‘n keer wil sien.

©.2014._____________<]:o(–|☼☼☼☼|–(o;[>_______________.tje

☼☼☼☼☼☼☼




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed